About us

Apologies for Afrikaans, but we are a proud Afrikaans South African family and therefore we want to share our story in Afrikaans to keep us to our roots.

"Hierdie blad word opgedra aan Uleron Hugo, Ons Ma, Ouma en Oumagrootjie. Dit was net te moeilk vir die kleinkinders om Uleron uit te spreek en net daar het sy vir die kleinkinders, Ouma 100 geraak. Ouma was 'n legende in die familie en haar baie groot vriendekring. Nooit het haar hande verkeerd gestaan vir enige iets nie. Van bak tot hekel, brei en klere maak, dit alles kon sy doen. Vir haar was niks te klein of te groot, sy het dit met liefde gedoen.

Sy het haar dogters en kleindogters met baie liefde en geduld al haar deugde geleer. By haar op die naaldwerk tafel, langs haar op 'n stoel, het hulle gesit, terwyl hulle elke beweging van haar hande dopgehou het. Sy was vir hulle nie net Ouma 100 nie, maar ook hulle Ouma Hero.

Terwyl sy nou nie meer met ons is nie, het sy nog nooit opgehou om ons te inspireer nie. Dit is as gevolg van hierdie inspirasie, wat hierdie besigheid gebore is. Elkeen van ons hierby betrokke, is deur haar touwys gemaak en geleer. Die produkte wat hier te koop aangebied word, is met ons eie hande gemaak, met dieselfde deeglikheid, liefde, geduld en aandag aan detail, as wat Ouma 100 ons geleer het.

Ons hoop dat wat jy ookal hier koop, jy Ouma 100 se hand in elke produk sal herken."

Groete

Leatitia, Philna, Berenice & CharleenÂ